Swembadhuisies
Ons het die vier eenhede so volledig moontlik ingerig vir u gerief:
- 2 Swembadhuisies met 2 Slaapkamers en 'n badkamer in elke eenheid vir privaatheid
- 2 Swembadhuisies met 3 Slaapkamers en 2 badkamers in elke eenheid vir privaatheid
- Maksimum 6 persone per eenheid
- Oopplan kombuis (Ma moet darem deel in die kuier!) met mikrogolf, yskas, breekgoed, ens.
- Opgemaakte beddens en handdoeke gereed om te gebruik
- Swembad net 30m van die stoep sodat kinders dopgehou kan word
- Bring eie swemhanddoeke en muskietweermiddel vir die buitelug
- Braaigeriewe vir elke eenheid en ons verskaf die hout
- Vir die koue winter is daar 'n heerlike warm kaggel in elke woonvertrek
- Ons voorsien muskiet blokkies vir binne, blits vir die eerste vuur, skottelgoedseep, vadoeke en toiletpapier.
@ R 190.00 per persoon per nag (Geldig tot 30 November 2010)
@ R 195.00 per persoon per nag (Vanaf Desember 2010)
@ R 70.00 per kind (3 - 18 jaar) per nag (Kinders jonger as 3 is gratis)
Olyfboomhuisie
Wat wil u graag hê?
- Privaatheid?
- 'n Hoekbad met kerse vir 'n wittebroodspaar?
- Eie braaigeriewe?
- 'n Heerlike hemelbed met groot sagte handdoeke?
- 2 Ekstra beddens in die oopplan kombuis-woonarea?
- 'n Kaggel in die kamer vir die winter?
- Vir ons om die hout te voorsien?
- Ontbyt onder die bome?
- 'n Romantiese aandete?
- 'n Privaat tuin om in te ontspan?
Dan hoef u nie verder te soek nie - dit is alles hier op Rietvlei!
Die groot vensters en die voëlvriendelike tuin, maak hierdie huisie ideaal vir die entosiastiese voëlkyker.
@ R 220.00 per persoon per nag
@ R 70.00 per kind (3 - 18 jaar) per nag (Kinders jonger as 3 is gratis)
(Etes is addisioneel)
